top of page
Search
Writer's pictureTDBurner

Sakpas Studenteliefde

Updated: Jun 13, 2019

Kelly Minnie

Met Valentynsdag verby is daar baie studente wat vir die volgende paar weke slegs op liefde en two-minute noodles gaan moet leef. Verhoudings, so lekker soos hulle blykbaar is, kan ook ‘n lekker duur situasie word – veral wanneer jy iemand moet bederf op jou sakgeldbegroting.


Dit is gewoonlik die norm dat die man in die verhouding – veral aan die begin moet betaal vir die romantiese uitstappies en blomme en lekkers moet aandra. Hierdie is wanneer hy haar aandag wil wen en selfs so ‘n paar maande daarna om die aandag te behou. Maar ons almal is studente en tannie Susan gaan die daarvan hou as al Boetie se students-geld gaan om vir Saartjie te bederf nie.


Rynaard De Goede, vierdejaar in De Wilgers – Manskoshuis, sê dat finansies iets groots is waaroor hy en sy meisie Adele Boshoff moes gesels vόόr hulle nog begin uitgaan het. “Dit is baie lekker om haar te bederf, maar dis ook baie nodig vir my om te eet en handboeke te koop” sê hy. Volgens De Goede vat hy haar minstes een keer ‘n maand uit, waar hy vir die aand betaal. Vir die meeste van die ander uitstappies het hulle ooreengekom dat elkeen vir hulself betaal.


Dit is wel nie goed vir elke man se ego as jou dame elke keer self moet swipe vir haar koffie by Toro nie. Busisiwe Zwane sê dat sy en haar vorige kêrel ‘n oplossing vir hierdie probleem gekry het. Hulle het ‘n bankrekening oopgemaak waarin hulle elke maand ‘n geldjie inbetaal het. Albei het dieselfde bedrag inbetaal en dit was die uitgaangeld vir fliek of roomys nou en dan. Die kêrel het die bankkaart gehou en elke keer betaal. Dit was goed vir albei se beurse en goed vir sy ego.


Dave Ramsey, die eienaar van Ramsey Solutions – wat mense help om hul finansies beter te bestuur- skryf dat geld is die onderwerp wat die meeste konflik bring in ‘n huwelik. Hy sê dit is belangrik om oop kommunikasie te hê met jou ander helfte oor jou finansies. Niemand wil in die middel van die maand kom en jou kêrel of meisie moet vermy omdat jou geldsake nie sterk staan nie. So gesels sommer vinnig met jou maat, voordat die two-minute noodles ook op raak, want dan het jy ‘n groot probleem.



29 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page