top of page
Search
Writer's pictureTDBurner

Is my bloed veilig?

Updated: Jun 13, 2019

Anmané Eckard


Dagga, seks of tattoes, waar is die lyn as dit kom by bloed skenk en die veiligheid van my bloed. Minder as 1% van Suid-Afrikaners skenk bloed en elke 36 sekondes vind daar ʼn bloedoortapping in Suid-Afrika plaas, volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed Diens (SANBD).


Die universiteitslewe van ʼn student wat ʼn hoërisikogedrag handhaaf, maak dat bloed nie veilig kan wees nie.


Chantal Liebenberg, skenker werwer en bemarker vir SANBD sê: “Hoë risiko gedrag word geklassifiseer as mense wat rond slaap.” Persone wat wil skenk moet in ʼn stabiele verhouding wees vir meer as ses maande. “Kort-kort rondslaap met verskeie mense, al gebruik jy ʼn kondoom, maak nie jou bloed veilig nie,” het Liebenberg gesê.


ʼn Gereelde vraag wat gevra word is, “as ek dagga gerook het, mag ek bloed skenk?” Liebenberg sê dit hang af van wat die persoon doen na hy/sy die dagga gerook het. “Baie mense weet nie eers waar hulle was of wat hulle gedoen het toe hulle dit gerook het nie, maar as jy weet wat jy gedoen het, is dit ʼn ander saak.” Indien dagga/cannabidiol (CBD) vir medisinale redes gebruik word, moet die personeel in kennis gestel word.


Nog riskante, gedrag volgens die SANBD, behels: seks (omgang) met meer as een seksvernoot; omvang met kommersiële sekswerker of as een werk; jouself inspuit met dwelms, of word ingespuit deur iemand anders as jou dokter of gesondheid werker of om seks (omvang) te hê vir geld; goedere of gunste in ruil vir seks (omvang) neem. Ses maande is die wagtydperk indien ʼn persoon tattoes, oorbelgaatjies of operasies ondergaan het. Liebenberg sê dat hepatitis oorgedra kan word, maak nie saak of jy dit professioneel of met jou eie naald gedoen is nie, die toerusting kan moontlik nie steriel wees nie.


Indien jy voel jou bloed is veilig, kom skenk, en as jy onseker is praat met die personeel by die bloed dienste. Liebenberg sê: “Almal se bloedgroepe is nodig.”


Daar is gewoonlik ʼn mobiele span, te sien een of twee keer ʼn maand op kampus. Liebenberg het gesê: “Ons voel daar is baie meer potensiaal.” In Februarie maand het hulle 514 eenhede ingesamel. “Op ʼn dag kry ons tussen 100 tot 130 eenhede op ʼn slag in, maar party dae kry ons slegs 69 eenhede in, wat baie sleg is”. ʼn Eenheid bestaan uit 525 ml.

Dit is vir party mense moeilik om te skenk want hulle is skrikerig vir naalde. Karla Malan, ʼn tweede jaar Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge student sê, “Ek kan nie die groot beesnaald hanteer nie.”


Die doel van die nasionale bloed diens in om veilige, kwaliteitbloed aan pasiënte te verskaf. ʼn Landsburger kan ʼn minimum van drie lewens red.



18 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page